Skip to content

'n Rustige hawe vir besige mense

Sedert 1950

2024
Geestelike Groei


Jy word hartlik uitgenooi na ons erediens elke Sondag om 9:00.
Bybelstudie:
Woensdae om 9:30 in die konsistorie
Bybelskool:
Woensdae om 18:30 in die konsistorie
Kleingroep: Elke tweede Donderdag ion 18:30 in die konsistorie.
Daar is ook verskeie aanlein moontlikhede vir Bybelstudies en selfstudie.
Kontak ds Paullet Grobler indien jy meer wil uitvind (076 841 1568)

Spesiale Eredienste hierdie kwartaal

21 April (9:00): Nagmaal
12 Mei (18:00): Pinksterreeks begin
13-16 Mei (18:30): Pinksterweek
19 Mei (9:00): Pinksterfees
2 Junie (9:00): Biddag vir Ekologie

Pierneef-Jonk

Kinderkerk: Sondae om 9:00, Kategese: Sondae om 10:00, Belydenisklas: Sondae om 10:00

Kinderkrans: Elke tweede Vrydag om 14:15
Tienerkuieraand: 1 Junie om 18:00

Kontak gerus ons Jeugwerker vir meer inligting oor ons jongmense! (Sandra: 061 930 6540)

Kunsuitstalling (24 Mei)

Kontak ons gerus indien jy betrokke wil wees by hierdie jaar se Kunsuitstalling. Die doel van die uitstalling is om lekker te kuier rondom mooi kuns en kunstenaars in ons gemeente/omgewing. Indien jy nie kom uitstal nie, hou die datum oop om saam ons te kom kuier! Nooi ook jou vriende en familie!

Pierneef-Gemeentebedieninge

Raak betrokke

 Ons hou julle op hoogte van wat aan die gebeur is! Hier is die kontakbesonderhede van die mense indien jy by ‘n belangegroep betrokke wil raak:

Pierneef-Groen: Groentetuin: ds Paullet (076 841 1568) of Thea (082 561 8245) Herwinning: Cecile: 072 137 4407

Omgeegroepe: Bybelstudie (Woensdae om 9:30 in die konsistorie)

Bybelskool (Woensdae om 18:30 in die konsistorie)

Kleingroep (Donderdae om 18:30)- ds Paullet (076 841 1568)

Huis/Hospitaalbesoek: ds Paullet (076 841 1568)

Belangegroep: Martmarias : Natie (083 527 9613)

Boekeleen: ds Paullet (076 841 1568)

Pierneef-Stappers: ds Paullet (076 841 1568)

Vrouediens: Sandra (061 930 6540), Cecile (082 921 3291) of

Esmé (082 297 0654)

Erediensbediening: Musiekbediening: Angelique (074 766 7049)

Blomme en Liturgieseruimte: Yvonne (084 433 3921),

Multimedia: Paul (084 632 4364)

Jeugbediening: Sandra (061 930 6540),

Barmhartigheid en Sending: Louis Botha Kinderhuis: Sandra (061 930 6540)

Dorkas se Kombuis: Marlie (082 331 0591),

Motorwagte-uitreik: Calla (082 455 2976)

Belangrike datums:

Bybelstudie en Bybelskool Woensdae om 9:30 en 18:30 Kleingroep- Elke tweede Donderdag Martmarias- Een keer 'n maand Kinderkerk, Kategese en Belydenisklas- elke Sondag Wegneemetes- Een keer 'n maand

Laai gerus ons Gemeente se Geskiedenisboekie af hierbo!

Welkom by Pierneef Gemeente.

Ons is God se mense.   Ons wil vir besige mense ‘n rustige hawe van begrip, liefde en aanvaarding bied,waar ons saam uit die Woord leer hoe om God te eer,  ons naaste lief te hê en so Sy Pierneefkoninkryk en ons gemeenskap te dien.

Ons Stigting

(Gevat uit die 50 jaar gedenkboekie, uitgegee in 2000)

Na die sentrale gedeelte van Pretoria was die Moot een van die eerste streke waar blanke pioniers hulle gevestig het. Die oudste kerkgebou in die Moot is in 1905 opgerig. Hier het leraars van die sentrale gemeente- eers die op Kerkplein en later die Groote Kerk in Bosmanstraat- eredienste kom hou vir die Moot se plaasmense.

Die ses plase in die Moot, van Daspoort in die Weste tot Rietfontein in die Ooste, is mettertyd onderverdeel in kleiner woonbuurte. Villieria is geproklameer in 1896 en is vernoem na Elizabeth Villiers, die vrou van die landmeter/skrywer GR von Wielligh.

Eloffsdal, die NG “moedergemeente” in die Moot, is in 1908 gestig. Uit die gemeente sou daar talle ander onstaan, waaronder Villieria, in 1944. Vanweë verstedeliking van die Afrikaner na die beindiging van die Tweede Wêreldoorlog volg buite gewone groei in die gebied. Ook hier sou, soos die geval van Eloffsdal-gemeente, die patroon van die hennetjie-met-kuikens volg.

In 1946 stig die gemeente Daspoort van Villieria af. Dit bring slegs tydelike verligting vir die leraar LLN Botha, en in Maart 1949 word ‘n medeleraar, ds HJC Reyneke, in Villieria bevestig.

Heelparty van die lidmate van Villieria was afhandlik van busvervoer om by die kerk te kom. Vir talle wat suid van die Capital Park-Silverton-spoorlyn gewoon het, het kerkbywoning mettertyd moeilik geword vanweë ‘n ontoerykende busdiens. Met die oog op bearbeiding van die deel van die gemeente is die pastorie in 25ste Laan 341 gebou as woning vir die medeleraar. Die volgende stap sou egter wees die stigting van ‘n eie, selfstandige gemeente. (Hierdie patroon sou 17 jaar later herhaal word met die afstigting van Pierneefrant.)

Om met skuldkas van 3000, en sonder kerk of saal, af te stig-vir 407 lidmate ‘n waagstuk? So vra ds Reyneke in die Voorligter van Desember 1951. Nee, antwoord hy self, dit was die waag van die geloof. Die stigtingvergadering, bepaal vir 30 September 1950, sou plaasvind in ‘n tent op die terrein waar Rietondale High se sportsgronde tans is. Op 29 September steek ‘n storm op en skeur die tent uitmekaar. Met haas word die woonplek van die Taljaard-gesin in 23ste Laan ingeruim vir die vergadering.

Met die gemeentelede sittende op kissies en planke, geleen van die SA Polisiekantoor, is die gemeente Pierneefstraat van die Nederduitse Hervormde of Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika, Ring van Eloffsdal, op 30 September 1950 gestig- toe die 29ste NG gemeente in Pretoria. Die voorgestelde naam van Villieria-Suid het nie inslag gevind nie, en in April 1951 is die naam met Sinodale goedkeuring verander na Pierneef.

 

Geestelike Groei

hands-2168901_1920
Omgee Groepe

Die verskeie omgeegroepe bied die geleentheid om saam mekaar geestelik te groei, sowel as om as liggaam van Christus saam te kuier.

Vrouediens

Om al die vroue in die gemeente saam te bind in ‘n verrykingspan tot eer van die Here

Jeug

Kategese:

Juniors: 9:00
Seniors: 10:00
Belydenisklas: 10:00

Erediens bediening

Eredienste: Sondae 09:00 en soos op kalender aangedui.

Pierneef Groen

Maandae, Woensdae en Vrydae 8:00 -16:00

Sondae: 8:00 – 12:00

1

NG Pierneef ondersteun ‘n meisieshuis van ongeveer 12 kinders. Ons poog om elke meisie se verjaarsdag spesiaal te maak deur vir elkeen ‘n geskenkbewys te gee wanneer hul verjaar, gereeld saam hulle te kuier en om te sien na hulle behoeftes. Ons wil graag hulle geestelik, emosioneel en geestelik bystaan. Indien jy graag wil deel word, Kontak Sandra Berger (061 930 6540) .

meer inligting “click” hier:

 

2

Ons gemeente verskaf al etlike jare hulp aan die Hoërskool HF Verwoerd (Rietondale Secondary School) by wyse van voedselpakkies wat weekliks by die skool afgegee word vir gesinne met wie dit nie so goed gaan nie.

Indien jy graag ‘n donasie wil maak, hier is die bankbesonderhede:

Bank: Capitec, Takkode: 470010, Rekeningno.: 1651207613, Naam: M Janeke

Kontak asb vir Marlie (082 331 0591)

Vir meer inligting, “click” hier:

3

Ons ondersteun ‘n groep motorwagte in Montana. Sondae word daar met skriflesing en gebed geopen. Motorwagte werk Sondae en het geen tyd om ‘n erediens in die kerk by te woon nie. Daar is tans drie bedieningsareas waar ons Bybelstudie hou. Indien jy wil deel word en hulle beter leer ken, kontak ons gerus!

Kontak persone: Calla Bezuidenhout: 082 455 2976 of Steve Swart: 072 137 4407

Vir meer inligting, “click” hier:

4

Ons gemeente ondersteun ons plaaaslike biblioteek deur om bruikbare boeke vir hulle te skenk. Daar is ‘n lang wenslysie van boeke wat ons graag vir hulle wil insamel. Indien jy boeke het wat jy wil skenk, of meer van die projek wil weet, kontak gerus ds Grobler (076 841 1568).

954 Pierneef Straat,

Villieria,

Pretoria​

Raak hier betrokke:

Raak betrokke

Bank Besonderhede

NG Kerk Pierneef,

Standard Bank SA

Tjek  rekening: 281590621

Takkode: 01-4845