Uitreike
Ons gemeente is betrokke by verskeie projekte in ons gemeenskap. Ons nooi u uit om ook betrokke te raak!
Motorwag Uitreik
Motorwag-Uitreik
Ons ondersteun ‘n groep motorwagte in Montana. Sondae word daar met skriflesing en gebed geopen. Die inhoud van die teks word in die groep bespreek. Ons gemeente voorsien kopieë van Sondae se eredienste aan die
motorwagte.
Motorwagte werk Sondae en het geen tyd om ‘n erediens in die kerk by te woon nie. Daar is tans drie bedieningsareas waar ons Bybelstudie hou: Sparsentrum op die h/v Dr Swanepoel en Zambezirylaan om 7:00, Zambezi Junction om 7:30 en Montana Traders om 8:00. Indien jy wil deel word en hulle beter leer ken, kontak ons gerus!
Kontak persone:
Calla Bezuidenhout: 082 455 2976 of Steve Swart: 072 137 4407

Louis Botha Kinderhuis
Die Louis Botha Kinderhuis is n nie-winsgewende organisie (NWO). Die Kinderhuis ontvang n staat subsidie van om en by 40% per jaar. Die kinders word in ons sorg geplaas deur die Kinderhof as gevolg van verwaarlosing, verlating, fisiese of emosionele mishandeling. Ons hoofdoel in die versoring van hierdie kinders is om in hul basiese behoeftes soos liefde, sekuriteit, stabiliteit, gesondheidsorg, voedsel, klere en onderwys te vervul. Die Louis Botha Kinderhuis versorg 97 kinders vanaf die ouderdom van 6 jaar tot 18 jaar.
NG Pierneef ondersteun Huis nr 9. Dit is ‘n Meisieshuis waar die ouderdomme strek van 9-18 jaar.
Ons doel:
Ons beplan om elke meisie se verjaarsdag spesiaal te maak deur vir elkeen ‘n geskenkbewys te gee wanneer hul verjaar. Ons gaan kuier ook gereeld by hulle om saam hulle te speel en eet. Ons hoop om hulle finansieel, materieel en emosioneel te ondersteun. Indien jy graag wil bydra tot hierdie bederf, sal kontant waardeer word sodat die bewyse
aangekoop kan word. Indien jy saam gaan wil kuier, hou die Boodskapper dop vir die datums en laat weet asb vir Sandra!
Vir meer inligting kontak gerus vir Sandra (074 572 4088) of ds Grobler (076 841 1568)
Dorkas se Kombuis
Ons gemeente verskaf al etlike jare hulp aan die Hoërskool HF Verwoerd (Rietondale Secondary School) by wyse van voedselpakkies wat weekliks by die skool afgegee word vir gesinne met wie dit nie so goed gaan nie. Hier is meer inligting:


Pierneef Groen
Herwinning:
Ons het ‘n groot groen Impact Herwinningsdrom wat voor die saal staan. Enige papier/karton en tydskrifte is welkom.
Daar is ook groot wit herwinningsakke by die omheinde tuin wat gemerk is: Plastiek, Blik en Glas waarin die res van die rommel herwin kan word.
Jy kan gedurende kantoorure of Sondae jou herwinning saambring kerk toe. Dankie vir al die papier wat weekliks in die Herwinningsdrom gegooi word. Ons wend daardie geld aan om ons Groentetuin te bevorder.
Groentetuin:
Ons begin weer binnekort plant vir die winter. Hou gerus dop wat in die tuin aangaan en wanneer dit gereed is om te pluk. Die groente word uitgedeel aan honger mense wat by die kerk kom aanklop. Gemeentelede is ook welkom groente en kruie te kom pluk op Sondae!
As jy graag wil betrokke raak of vrae het kontak gerus die
Ds Grobler (076 841 1568) of Thea van den Heever(082 561 8245)
Warning: Undefined array key "id" in /home/ngkpikgz/public_html/wp-content/plugins/elementor/includes/widgets/image-carousel.php on line 845
Pierneef-Mamelodi- Verbintenis
‘n Paar gemeentelede is betrokke by ‘n uitreik na Mamelodi-Oos. In samewerking met Choose Life, ‘n nie-winsgewende organisasie in dié gemeenskap, bied ons een keer elke vakansie ‘n oggendprogram van kreatiewe aktiwiteite, speletjies en geestelike saamwees vir kinders van klein tot groot aan. Ons fokus op hergebruik van weggooigoed vir die maak van gebruiksartikels, geskenke en selfs verkoopsartikels. Nuwe vaardighede word aangeleer en verhoudings word gebou. Ouerbegeleiding vir ouers van die betrokke kinders, is tans in die vooruitsig. Voor elke uitreik, ontmoet ons die Choose Life span, om saam te beplan en om hulle met vaardighede toe te rus.
Baie gemeentelede het reeds op ander maniere betrokke geraak, bv deur klere en materiaal te skenk, warm wintergoed te brei of te hekel en selfs boeke te skenk. Dit word deur Choose Life aan behoeftiges geskenk of goedkoop verkoop vir fondse vir ander projekte in die gemeenskap.
Skenkings is altyd welkom. Tydens ons byeenkomste eet ons groep van sowat 40, worsbroodjies met koeldrank saam. Tekengoed, verf, gom, papier is ook altyd welkom. Daar is altyd ruimte vir nuwe spanlede om saam te kom.
Die Choose Life kom Pierneefgemeente op 15 September 2024 besoek.
Vir meer inligting, kontak Erna Rheeder, 084 383 9417 of Diana Pienaar, 065 964 0849